Bros, betroubare bekende!

Bros, betroubare bekende!

Die maklike, altyd betroubare vangnet vir enige geleentheid…

Mens het mos maar altyd daardie resep wat jy uitpluk wanneer nood druk… Of as jy sommer lus is vir iets lekkers maar nie genoeg om te veel moeite te done nie. Ek het so brosbrood resep! En die lekker ding van brosbrood is jy kan hom optof volgens die geleentheid. Doop hom in sjokolade of gegeurde suiker en dis ’n hele ander koekie! Of geur hom om te pas by dit wat glas nie so bros nie… maar anders is die keuses legio! Hier is hy:


Beskuitpan brosbrood

Bestanddele:

250g KOUE botter

160g strooisuiker, gesif

225g koekmeel, gesif

100g aartappelmeel, gesif

Gerasperde skil van 1 lemoen

Omtrent 2 takkies se tiemieblare

Kakaopoeier vir oorsif

Metode:

Voer jou beskuitpan uit met bakpapier.

  1. Gooi al die bestanddele - behalwe die kakao, in ’n voedselverwerker en meng totdat deeg net-net begin vorm. ONTHOU, moenie oormeng nie.
  2. Plaas in voorbereide beskuitpan en smeer plat met die agterkant van ’n lepel. 
  3. Merk liggies met beskuitrooster - dit hoef nie regdeur te druk nie.
  4. Plaas in yskas vir 15 minute, of totdat die Oond warm is.
  5. Voorverhit die oond na 180℃.
  6. Bak vir 25 minute, haal vinnig uit en druk rooster in om deur te sny of gebruil pizzasnyer om netjies in stukkies te sny.
  7. Plaas weer in oond en bak vir 15 - 20 minute tot goudbruin.
  8. Haal uit en laat afkoel.
  9. 10.Sif kakao oor met opdiening.

 

NOTA:

In plaas van die lemoen en tiemie kan jy ander geure gebruik, soos laventel, roosmary en vanielje, die opsies is joune!

Jy kan ook die aartappelmeel met rysmeel of selfs mielieblom vervang - ek vind net die aartappelmeel werk die beste.


Print   Email
Image
© 2018 Wilandi Studio, All Right Reserved
© 2018 JoomShaper, All Right Reserved